Skilder Met Digkuns


Vir al my Afrikaanse bruidspare & geliefdes.


Ek skilder soms met digkuns en sal graag julle storie wil vasvang in 'n persoonlike gedig. Ek skryf graag 'n gedig vir julle troubrief, trou-webtuiste, vows of as 'n geskenk vir julle gaste. As jy lief is vir Afrikaanse digkuns & outentiek wil wees - stuur vir my 'n boodskap sodat ons saam woorde aanmekaar kan weef vir jou geliefde(s).